myScoop

Loer bietjie

bad-wedding17 yolanda13 kbslnd_00007                                5572_141157383618_563018618_3296279_7960468_n bikini55 TENNIS-AUS-OPEN kbslnd_00013

DIE EERLIKE SMOUS VAT DIE LANGPAD

Ek gebruik die term padverbruikers, want dit is lekker breedvoerig en dan kan ons sommer almal wat ‘n toon of tyre in die straat sit oor die selfde kam skeer.

Kyk, na mamma my paggegee het so ‘n rukkie terug het ek besluit om vir haar weg te vat vir ‘n romantiese naweek vir 2 sodat ons bietjie aan ons huwelik kan werk. Nou ek weet nie of julle weet nie maar die Eerlike smous is ‘n geharde biker met ‘n gang van sover 1, en dit beteken ek hou nie van kar ry nie.  Maar die trippie is bedoel as ‘n bederfie vir mamma so ek saal toe maar die “Kawa” af vir die naweek en loop sukkel om daai Renault weer aan die gang te kry vir die lang pad.

Nou kyk een ding wat waar is van ons Suid Afrikaners is, is dat elkeen van ons volhard glo dat hy beskik oor ‘n bo-gemiddelde vermoee om ‘n kar te bestuur, dit is asof ons ‘n spesiale spesie van Schumachers is. Mans is vreeslik erg hieroor, maar jy kry egter dames ook wat dink hulle kan goed bestuur, aan hierdie dames wil ek aanbeveel dat julle liewer nie dink nie, en nog minder bestuur.  “Nota aan die redakteur, maak seker ek bly nog annoniem”  (definitief jy waag jou lewe – Red)

 Elkgeval so vind ek myself toe vrydag middag in ‘n super-gay kar in spitsverkeer, in die rigting van die Kaap,  en al wat ‘n “suster” is, is agter my vleispypie aan.  Maar dit het gelukkig nie lank gehou nie, want hulle het seker gedink ek is die rofste moffie in die kaap.  Ek het op ‘n stadium so tekere gegaan dat ek later milt-steek gekry het van mense beduie hoe kak hulle bestuur. Daai een “suster” in sy Volvo C30 met die Prada brille en GHD haarstyl het gedink vandag is sy gelukkige dag want ek waai vreeslik vir hom, eintlik het ek probeer om vir hom te wys hy moet fokken ry want ek is laat en my vrou slaan my.  Dit het my laat besef gay ouens ry ook maar net so kak soos vroumense, maar ten minste kan jy hulle maklik “tune”, want sy/haar Peugout 206 se dak is gewoonlik oop.

Teen so 2 uur is ek uit die spitsverkeer in die rigting van die Paarl op die N1, nou fok weet waar die mense die tyd van die maand geld kry, maar daar was iewers ‘n karavaan konvensie en elkeen met ‘n karavaan was daarheen oppad. Nou ek verstaan dit is nie maklik om ‘n karavaan te sleep nie en jy kan nie vinnig nie, maar hier is ‘n goeie wenk vir die toekoms…Fok asseblief na die stadige baan jou inhalige doos.  En nee, 100km/h is nie vinnig op ‘n snelweg nie, al voel dit vir jou asof jou Fortuner gaan rol (nou maak jy die Mal Smous ook nog kwaad – Red)

So teen so 4 uur is ek verby 132 karavane en deur Worcester oppad na Swellendam. Nou hier is die pad ‘n enkelbaan en gewoonlik besig en dit is gewoonlik op sulke tipe paaie waar die meeste ongelukke plaasvind, en dit word veroorsaak deur die mees deur-die-kar tipe bestuurders van alle tye.  Ek praat van die selfsugtige fokkers wat nie kan padgee vir vinniger motoriste nie.

Laat ek sommer met ‘n nuwe paragraaf begin net vir hierdie saadselle. Ek verstaan werklik nie wat hierdie tipe mens se kak is of hoe sy verstand werk nie.  Ek het al ‘n kak verskoning gehoor by een van my goeie vriende dat hy wil nie padgee vir vinniger motors nie want hy is bang hy ry ‘n spyker raak in die geelstreep.  Ja Corne daar lê miljoene  spykers en skroewe in die geelstreep reg oor die land, want Penny Pinchers en Brights Building materials  gaan gooi al hulle off cuts en ekstra spykers daar. Hulle het tot ‘n spesiale vragmotor wat in die geelstreep ry en spykers en skroewe plant.  Vir ‘n intellegente persoon kan jy darem lekker deur die kak wees.  Maar dit is nie als sy skuld nie, dit  begin by opvoeding, want dit is hierdie einste vriend se pa wat man alleen verantwoordelik is vir Desember verkeers opeenhopings in die rigting van Hartenbos.  As jy ooit ‘n Mercedes ML en karavaan kry in die rigting van Hartenbos met ‘n CF registrasie, kan jy maar aftrek en in ‘n gaste huis inboek, want die man ry 2 dae aan 400km sonder om te stop, of om pad te gee vir enige iemand.  Nie eens vir ‘n ambulans nie, want hy voel as dit regtig ernstig was sou hulle die pasient per helicopter vervoer het.

*So daar is een verskoning, “bang vir spykers”.  Kak verskoning! As jy stadig ry gee pad, as jy regtig ‘n spyker daar tref sal ek persoonlik betaal. 

*Dan kry jy ‘n paar onkundige mense wat glo dit is onwettig. Dit is slegs onwettig om die geelstreep as ‘n baan te gebruik, maar die padreels toon juis aan indien dit veilig is mag jy na links beweeg om ‘n ander voertuig spasie te gee om verby te kom.  So daar gaan daai redenasie, fok links asseblief.

*Ooo my gunsteling fokkers is die mense wat 120km/h ry en dan glo dat niemand mag verby gaan nie want dit is onwettig om vinniger te ry. Verbasend is dit ook dieselfde fokkers wat spoed vermeerder as jy probeer verby gaan, hulle sal later 160 ry net sodat jy hom nie kan verby steek nie.

*Dan is daar die mense wat net natuurlik deur die mis is, hulle kyk net nooit in hulle tru spieel nie, jy kan agterkom wie hulle is sodra jy hulle verby steek.  Dit is die ou wat so groot skrik dat hy amper sy kar rol om uit te swaai en dan vir die volgende 5 kilos in die geelstreep ry om te herstel van die skok.

Ek persoonlik ry gewoonlik 130/140km/h op ‘n oop lang pad en as ‘n vinnger voertuig kom dan skuif ek met die grootste gemak oor en laat hulle veilig verby gaan, dit verander niks aan my dag  nie en maak hulle dag soveel makliker.  Maar dan ewe skielik ry jy nog so, dan kom jy op hierdie fossiel of vrou af wat sit teen 90 in ‘n 120 sone en sy gee nie pad nie en daar is nie plek om verby te gaan nie.  Daar is later so ‘n stoet van 40 karre agter haar, maar sy fok voort.  Nou wat ek doen, as ek die tyd het, is om geduldig te wag tot ek haar verby kan gaan en dan begin die prêt. Ek verminder my spoed stelsel-matig totdat ek so 80km/h ry. Dit skroom haar nie veel nie en sy ry ook 80, dan verminder ek spoed na so 60 toe, dit gee die ander voertuie agter ons kans om verby te kom en sodra hulle verby haar is trek ek oor dat hulle verby my kan kom. 

Teen die tyd besluit die Antie maar nou is haar kans en dan wil sy ook verby, maar dan trek ek net weer voor haar in en verminder spoed na so 50.  Nou glo my ek het dit al gedoen tussen Hermanus en die Kaap en 50km/h is fokken stadig in ‘n 120km sone.  Ek het sleg gevoel want ek dink baie mense het gedink ek is die drol in die drinkwater, maar dit was als die moeite werd om daai vrou 50km/h te laat ry vir so 80km. En elke keer as sy wou verby kom het ek net ‘n bietjie vinniger gery sodat sy agter my moes bly en as sy terug skuif dan verminder ons maar weer spoed.  Ek kan maar net hoop sy het besef hoe deur die kak dit is om te sit agter ‘n ander voertuig en jy kan nie verby nie.  So ja as iemand in die toekoms nie vir jou wil padgee nie, gaan verby en doen dieselfde met hulle, maak net seker jy het ‘n vinniger kar anders gaan jy kak voel as die persoon jou 20 keer verby moet steek. Maar as jy tyd het, hoekom nie? Probeer dit, dit maak ‘n lang pad dalk net korter.

Groete

Die Eerlike Smous.

Share it...
  • Print
  • Facebook
  • RSS
  • laaik.it
  • Google Bookmarks
  • Add to favorites
  • email
  • Digg
  • Twitter

Leave a Reply

 

 

 

You can use these HTML tags

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>