Dit klink vir my of van julle maar ‘n rowwe week agter die blad het, die arme Smous wou al Dinsdag moed opgee.  Ek het net die regte medisyne om hierdie langnaweek in te gaan met ‘n moerse BANG!!! (jy kan maandag jou babbelas afslaap).Â
Check die Radio Kalahari orkes saam met Jack Parow. Is dit nie die een van die coolste musiekvideos ooit nie, net die regte song om jou in die mood te sit vir ‘n lekker kuier!!!Â
En net omdat hier niemand Maandag is om julle te entertain nie, hier is vir julle (volgens my) een van songs van die jaar. Ek kan jou nou al se, elke 2de skoolverlater/student/Witbank inwoner wat Desember by jou verby cruise gaan hierdie song speel dat die nommerplaat rattel……vat my woord! Ek kan nou al Hartenbos sien…..net een groot Parapapa!!Â
Ek moet ook nou eerlik wees met julle, die girls maak die musiekvideo ook net soveel beter!!







