Ons was jonk gewees en ons was dronk gewees. Die hele lewe was ‘n bring en braai.
Nee, dit was nie Lente in die boland nie, dit was flippen koud en die jaarlikse Peanut partytjie in Kraaifontein.
Hierdie jaarlikse instelling is ten bate van ‘n fonds insameling vir minder bevoorregte kinders, en soos julle weet het ek ‘n groot voorliefde vir kinders, veral meisiekinders tussen 16 en 20. So, toe dit kom by uithaal en gee, was ek weer een van die voorstaanders. Nee, nie daai uithaal en gee nie.
Soos ek laas genoem het is dit altyd beter om te drink as jy weet jy drink vir ‘n goeie doel. Maar soos my ma altyd gesê het te veel van ‘n goeie ding is ook sleg vir jou, en Sondag oggend is ek weereens wreed daaraan herinner. Wyn gee nie ‘n hoofpyn nie, hy gee ‘n Migraine.
Nota aan Bacchus: Ps f*k jou!
Die Eerlike smous het weer sy lyf gesofistikeerd gehou en wyn probeer drink, maar nie soos ‘n Stellenbos tannie by ‘n gekultiveerde samekoms van wyn kenners nie. Ek het hom gedrink soos ‘n “Mountaineer” beter bekend as ‘n bergie, of soos plaasvolk van Rawsonville wat nog op die dop stelsel werk. So “bye the way” wat is fout met die dop stelsel? F*k jy spaar die ou ‘n trip na die drank winkel. Ek sal nie omgee as my baas elke naweek vir my ‘n kis wyn gee nie, dan hoef ek nie in die vrydag Q in Midmar te staan nie.
Maar genoeg oor die dop stelsel netnou sleep Afri – Forum ons hof toe.
Hierdie jaar se Peanut party was bietjie meer deftig as laasjaar. Die hoed “wat ek reeds verloor het” was so ‘n semi-fake leer en eintlik iets wat ‘n mens weer kon gebruik vir ‘n kostuum partytjie. Die kos was ook iets om oor huis toe te skryf en ek was regtig beïndruk, daar was selfs ‘n man met ‘n Sjef pakkie wat dit kom uitdeel het. “Classy” en dit nogal in die Kraai pak van alle plekke.

Die saal was baie groter as laasjaar “weens die nuwe venue” wat dinge eintlik ‘n bietjie onpersoonlik gemaak het. Maar die nuwe interaksie met die gehoor het opgemaak daarvoor. Daar was ‘n Dans Kompetiese vir Dames en vir Mans. Die dames kompetiese was gewen deur Nelia de Kock. Ek dink dit was omdat mense bang was om nie vir haar te stem nie, sy het meer op die gehoor geskree en skel as om werklik te dans. Nogal intimiderend veral met haar rooi Avis jassie wat sy gedra het. How can I help you?
Die mans se dans kompetisie was nie werklik ‘n kompetisie nie, want die Eerlike smous was sonder sy doen en late ingeskryf, (of altans net op die verhoog gesleep). Hy het die classics opgelewer soos die “running man” en die “robot”, dinge wat in die 90’s laas voor ‘n gehoor gedoen was. Dit alleen was genoeg om hom as Mnr Dans 2010 te kroon. Dit het onder my aandag gekom dat sy kaktussie glo met haar oë in haar handsak huistoe gegaan het, omrede sy dit uit haar kop uit geskaam het vir hom. Ten minste het ek ‘n bottel wyn gewen.
En dit was mos soos water op ‘n olie-vuur gooi. Soos ek al voorheen genoem het, maak wyn my mos moerse sexy, en saterdag was geen uitsondering nie. Ek was ‘n lopende voorbeeld van hoe ‘n Adonis moet lyk. Ek was later so aantreklik tot die mans het by my begin aanlê. Okay dit was een ou en ek het ‘n vermoede hy speel vir die ander span, maar kom nou, wie wil nou nie ‘n “slice” Eerlike smous hê nie?
Teen die einde van die aand was ek weereens deur die Malsmous op die verhoog forseer (nie met baie moeite nie) om aan die “grand finale” deel te neem. Die manne het vir my ‘n kostuum verskaf sodat my identiteit ‘n geheim kon bly, dit was ‘n blink onderbaadjie en ‘n papier verjaarsdag hoedjie. Ek moet bieg ek kan nie onthou wat ek gedoen het nie, maar ek was glo in ritme. Al wat my weggegee het is die feit dat ek die heeltyd vir my kaktussie gewaai het en geskree het kyk mamma ek is op die tv.
Ek sê julle die lewe van ‘n akteur is nie altyd maanskyn en rose nie. Dit is harde werk en soms verwarrend om heeltyd van karakter te verander. Ons het nie die gemak van 7de laan sepie sterre wat slegs in een karakter kan bly nie. Maar wat ons wel gehad het was ‘n “Coolbox” met drank in die aantrek kamer. En dit was ook hier waar my film opgeraak het.
Ek onthou slegs kaktussie het my uit die aantrek kamer kom haal en in die kar gegooi en huistoe gery. Ek weet nou hoe Bees Roux moes voel, toe ek wakker raak sit ek in ‘n kar met iemand wat my huis toe ry.
Ek wil net dankie sê vir almal wat hierdie aand moontlik gemaak het met hulle harde werk en toewyding. En ek wil ook vir dieselfde mense jammer sê dat ek het opgedaag het.
Groete
Die Eerlike Smous








Beste eerlike smous.
Absolute great beskrywing van die aand!! Ek is die “man in die sjef pakkie” – baie dankie vir die kompliment.
Dit was egter n groot plesier gewees en ter selfdertyd n helse ervaring om kos te bedien terwyl dit peanuts reen!!
Sou julle enige catering behoeftes in die toekoms benodig is jy welkom om my te kontak. Ons help graag!!
Vriendelike groete
Morné Genade
Feedem Pitseng
021 802 3975 o
072 696 6639 c
086 590 8726 f
sportschool@feedempitseng.co.za