myScoop

Loer bietjie

kbslnd_00007 5572_139340763618_563018618_3267956_5681860_n yolanda10 bikini72 bad-wedding18 superyacht3 yolanda11

Die Eerlike Smous – Bees Roux

Ai Bees, ek weet nie of ek vir jou moet kwaad wees of dankie sê nie. 

Ek glo nie altyd wat ek in die Burger lees nie want hulle het ‘n neiging om dieselfde storie daagliks te verander, maar hulle nuutste bron van inligting is ‘n “Strip-Club” eienaar, en soos almal weet is hulle eerbare mense. So ek glo die nuutste gerugte. 

Volgens nuwe verwikkelinge blyk dit dat die Metro mannetjies ‘n gewoonte gemaak het om kliente van dié nag club te stop vir dronk bestuur en hulle dan ‘n keuse gee van arrestasie vir dronk bestuur of die betaal van ‘n kontant boete.  Ongelukkig klink dit my Bees was te besope toe maak hulle maar vir hom die keuse.  

Saam met die boete moet jy natuurlik vir die Metro mannetjies aand ete ook koop.  Ongelukkig was Bees te dronk om laasgenoemde te doen, toe neem hulle maar sy kredietkaart en gaan koop sommer self ‘n “Happy Meal”.  Not so happy now, are we ? 

Aan die een kant wil ek vir Bees bedank want ons wou almal nog altyd ‘n “speedcop” gebliksem het. Maar ongelukkig het hy gegaan en ‘n korrupte een doodgeslaan.  Ek sê ongelukkig, want as ek ‘n opsie gegun was tussen arrestasie vir dronk bestuur en ‘n kontant boete sou ek beslis die boete geneem het. 

Jy het egter ondersteuning van alle oorde, selfs Snor De Villiers staan agter jou, as jy onskuldig is natuurlik en Pollsmoor se 1ste Rugby span is vreeslik opgewonde oor die moontlikheid dat jy by hulle ‘n 10jaar kontrak gaan teken. 

Daar is selfs gerugte dat Bheke Chele jou wil aanstel as ACA.   Dit is ‘n pos wat hulle sommer spesiaal vir Bees geskep het, dit staan vir Anti Corruption Agent.

Hulle soek moes altyd iemand om korrupsie hok te slaan en ek dink Bees het bewys hy is die regte man vir dit. 

Sterkte Bees, en onthou net een ding. 

As jy by die WP gespeel het sou die k@k nooit gebeur het nie. 

Groete

Die Eerlike Smous.

Share it...
  • Print
  • Facebook
  • RSS
  • laaik.it
  • Google Bookmarks
  • Add to favorites
  • email
  • Digg
  • Twitter

1 comment to Die Eerlike Smous – Bees Roux

Leave a Reply

 

 

 

You can use these HTML tags

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>