Die Smous Blog is ‘n finalis vir “Die Beste Inheemse Taal Blog / The Best Indigenous Language Blog”. Maar dit is net die oortjies van die seekoei. Om te help dat ons hierdie outjie wen moet julle vote dat die aarde bewe, jou tande uitval, jou boude dril en jou voete vuiste maak. En moenie daar ophou nie…vertel jou pelle van Die Smous Blog, nooi jou baas om Bikini Wednesday te gaan kyk, droom van Die Eerlike Smous en vry na die Mal Smous. Dit is so maklik soos dit.
1. Gaan na www.smous.co.za/blog
2. Click op die SA Blog Awards Logo soos die een wat hier onder verskyn bo-aan links of regs op die home page.

3. Die SA Blog Awards website sal nou oopgaan…wha-la…gaan sit net jou e-mail adres heel onder op die bladsy in. Gaan kyk net in die “Die Beste Inheemse Taal Blog / The Best Indigenous Language Blog” kategorie om seker te maak www.smous.co.za/blog is gemerk met ‘n groen kolletjie.
4. Skryf die security kode in en klap “ENTER”.
5. Jy sal nou ‘n ‘confirmation’ e-mail kry van SA Blog Awards…click op die “confirmation code link”.
Baie belangrik…jy kan elke 24h vir ons vote…hoe meer hoe beter…moenie skaam wees nie.
Indien jy probleme ervaar om te “confirm” doen die volgende:
1. Copy die “link”, sit dit in jou adres box van jou web browser en klap “ENTER”
2. Indien dit nog steeds ‘n probleem is reply op die mail en vra hulle moet dit manually bevestig.








