Eers was dit die Staatsdiens wat gestaak het, toe die Publieke sektor en gisteraand het dit oorgeslaan na die Huishoudelike sektor.
My Kaktussie het die laken gespan en ons is tans van bed en tafel geskei. Soos julle weet is my vetplantjie mos ‘n geliefde graad R juffrou deur die dag, maar in die aand is sy vol dorings en draadwerk, en gister aand was daar weer duidelik fout met haar be-drading.
Kyk dinge loop so in ons huis…… Ek is bereid om alles te doen, van tuinwerk, kar was,stofsuig,skottelgoed,kosmaak,skoonmaak,bed opmaak en vensterswas. Maar as daar een ding is waarvoor die Here my nie geskape het nie, dan is dit om te Stryk.
Ek verstaan stryk-werk is vir niemand lekker nie, maar dit is nou maar net eenmaal die vroulike geslag se straf vir die sondes wat Eva in die Tuin gepleeg het.
Net soos ek en jy vandag moet betaal vir Apartheid, ons weet dit is nie regverdig nie, maar wat kan jy doen? Jou lot is jou lot. Maar terug na die spanning van die laken!
Ek het gistermiddag by die huis gekom en my beste tuin-boi nabootsing gedoen. Ek het gras gesny, rante “getrim” en skoon gemaak. Dit was alreeds koud en donker buite, toe ek steeds besig was om gras en ‘n paar stukkende gesnyde honde dr*lle op te vee. (En maggies so ‘n stukkende drol ruik mos extra vars!)
Intussen tyd het mamma gaan koek en tee saam met vriendinne, (ja, lekker) en eers na 6 by die huis gekom. Ek het besef dat kos-maak gaan nou biejtjie laat raak vir haar, toe bied ek aan om vir ‘n stukkie hoender te betaal by die local KFC. (Ek noem dit sodat jy weet ek probeer punte opbou.) Elk geval ek het gaan stort en ons het klaar geëet.
Toe begin die k@k….. nou kyk om te verstaan het jy ‘n prentjie nodig van ons huis. Daar is 3 kamers, of soos die nuwe huisies gebou is, het jy eintlik slegs 2 kamers die 3de een is net groot genoeg vir ………. Wel eintlik weet ek nie waarvoor dit groot genoeg is nie, want ek kon nog f*kkol daar inkry nie.
Dan is daar die sogenaamde spaarkamer. Ek sê sogenaamd, omdat daar slegs in die kaste spasie is vir mense om te slaap. En die rede hoekom daar slegs spasie is in die kaste is, is omdat al my klere “en ek bedoel alles” in die hoek op die grond lê.
My kaktussie se idée van stryk werk so…. Ek moet voor 6 uur die middag vir haar uithaal wat ek die volgende dag wil dra. Dan word slegs dit gestryk. Ek mag ook nie meer as een item uithaal nie want dan is ek selfsugtig en dink nie aan haar wat heeldag tot 14:30 gewerk het nie.
Nou kyk, ek sukkel mos ietwat met ‘n Genetiese Molligheid en het onlangs besluit om medikasie daarvoor the neem. Net so ‘n ietsie genoemd “Testobooster”, dit gee my meer testostoroon, wat my metabolisme vinniger maak en blykbaar nog ietsie van “lean muscle mass”. Maar ek soek eintlik net die vinnige metabolisme want ek is nou al moeg daarvoor om altyd ‘n paar k@kke agter te wees. Maar hoekom ek julle hiervan vertel is omdat die ekstra testostoroon my vreeslik braaf maak deesdae.
Terug by die spaar/stryk kamer. Ek was nog so besig om iets te soek tussen die berg klere wat gestryk moet word, toe skop daai pille in. En soos ek julle voorheen gewaarsku het, jy mag nooit eerlik met jou vrou wees nie want dit is net vir k@k soek. Ek lewer toe maar net my opregte opinie oor hierdie stelsel van haar, wat ek vergelyk met die verkeers department se E-natis, “almal weet dit is ‘n groot f*kk*p behalwe die mense wat dit ge implimenteer het” Maw ek het vir haar gesê dit werk nie en sy sal haar sokkies moet optrek en haar deel begin doen. “Eikie breaky, Big mistakie!”
Nadat ek vir haar ‘n vrou se plek, en pligte verduidelik het, het dinge nie beter gegaan soos ek verwag het nie. Ek dink sy moes direk daarna met iemand van Cosatu gepraat het want sy het net daar en dan besluit om haar gereedskap “stryk yster” neer te lê.
Daarna het sy haarself en haar kat in die groot kamer “met die bed” gaan toesluit, terwyl ek die aand tussen die strykgoed moes slaap.
Hier sit ek nou, net so gekruekel soos die hemp wat ek aan het.
Groete
Eerlike Smous
Ps. looking for Char who can Iron “a lot” in Brackenfell area.
Popular Posts