Smartphone! Wat wou! My selfoon is nader aan ‘n asblik as wat ‘n vullis sak binne in is. Ek het Jesebel nou al seker vir so 3, 4 jaar en jy sou my nooit, en ek bedoel nóóít, sonder haar gesien het nie. (Dit is my selfoon, nie ‘n girlfriend of iets nie). Dit was nie [...]
Slaat ons nou die dag ‘n hobbel van epiese proporsies……. Ek is deel van daardie groep mense wat verkies om, terwyl ons in Johannesburg iewers ons daaglikse brood verdien, eerder elke dag in te ry, as om in die stad self te bly.
Dit is verstommend om te sien hoeveel mense elke dag, enige tyd van half [...]
Na baie baie jare uit sirkulasie uit, het ek besluit om weer dit te waag in die gevaarlike waters van “dating”. As jy nou ‘n kat benoud gesien het as hy naby water moes kom, dan het jy nou ‘n goeie prentjie van my wat moet uitgaan op ‘n “date”. Daar is nie genoeg hare wat [...]
Tesame met die nuus dat een van die Suid- Afrikaanse deelnemers aan die Statebond Spele ‘n slang in sy kamer gekry het, is daar ook ‘n ander storie van ‘n vrou wat ‘n twee meter lange anakonda in haar toilet gekry het. Ek moet jok as ek kan sê watter land of stad die gedierte in [...]
Wasmasjiene, skottelgoedwassers en geselskamers……….
Ongeveer so twee jaar gelede het ek deel geword van daardie gevreesde deel van die populasie. Daardie deel waar elke vrou ouer as 30 haar man wegsteek, en enige man ouer as 35 begin ander vrouens se wasmasjiene regmaak……. Die enkellopende vrou….
Nie dat my buurman my wasmasjien sal kom regmaak nie. Dit doen [...]
Dit is nie die eerste keer wat dit gebeur nie, en ek glo ook nie die laaste keer nie. Terwyl ek my tafel oppak na my dag se brood so op ‘n manier verdien is, is die gedagte besig om stadig maar seker in my nes te skop. So seker soos wat die aarde sy vaste [...]